Weer ‘n hele aantal leerders onder nuwe Covid-19 gevalle

Daar is 33 leerlinge, 18 gesondheidswerkers 8 studente en 4 onderwysers onder die 311 nuwe Covid-19 gevalle in die land. Windhoek het 91 nuwe gevalle, Gobabis 28, Oshakati 23, Swakopmund 21, Onandjokwe 19 en Rehoboth 17 nuwe gevalle bevestig het. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 2 712 aktiewe gevalle , 48 951 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 52 433. Die sterfgevalle staan op die oomblik op 759. 60 809 Mense is reeds teen die virus ingeënt .