Die SA Tesourie reageer op besluit van kredietgraderingsagentskappe

Die Nasionale Tesourie in Suid-Afrika het gereageer op die twee kredietgraderingsagentskappe se besluit om die buurland se langtermyn soewereine kredietgradering onveranderd te laat. Hy sê die regering se fiskale strategie plaas die buurland op ‘n pad na ‘n groot primêre oorskot wat skuld sal stabiliseer. Beide Standard & Poor’s en Fitch het hulle gradering op drie vlakke onder die beleggingsgraad gelaat. S&P het sy stabiele vooruitsig behou terwyl Fitch volgehou het met ‘n negatiewe vooruitsig vir die buurland se kredietvooruitsigte.