Covid-19 pandemie plaas druk op werksgeleenthede

Die Namibiese Arbeidsministerie het in ‘n verslag aangedui altesaam 955 mense hulle werk verloor het tussen Januarie en Maart vanjaar. Die ekonomie is onder druk en dit word toegeskryf aan die pandemie. Kosmos 94.1 Nuus het met Daan Strauss, die Sekretaris-Generaal van die Namibiese Werkgewers Federasie gepraat oor die stand van sake.