Weer lekker rugby vandag

Rugby: Die Reënboogbekerreeks in Suid-Afrika verskuif vandag na Gauteng. Die Lions gaan vanmiddag half-twee die Stormers op Ellispark in Johannesburg verwelkom en net na ses vanaand draf die Bulls en die Sharks uit op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Sharks is tans boaan die punteleer met 10 punte nadat hulle albei hulle eerste twee wedstryde gewen het. Die Bulls het agt punte na twee oorwinnings, terwyl die Stormers en die Lions nog hoop om te wen.