Swaminfeksies in waaksale van hospitale met Covid-19- pasiënte ‘n probleem

Wetenskaplikes by die Universiteit van die Vrystaat sê Covid-19-pasiënte wat in hospitale se waaksale opgeneem is, loop die gevaar om ‘n verspreidende swaminfeksie op te doen wat behandeling kan belemmer. Professor Carlien Pohl-Albertyn en dokter Obinna Ezeokoli van die universiteit se departement van Mikrobiologie en Biochemie sê erge Covid-19 stel die immuunstelsel in gevaar. Hulle navorsing het gewys dat die siekte longweefsel beskadig wat dit makliker maak vir ingeasemde swamme om infeksies te laat versprei.