Weduwees van Ogino-nege onttrek appèl

’n Groep van vier weduwees wat probeer het om Shell in Nederland aanspreeklik te hou vir skadevergoeding nadat hul mans, almal anti-olie aktiviste, in 1995 deur die Nigeriese regering tereggestel is, het verdere regsaksie teruggetrek. Die weduwees het ‘n appèl gekanselleer wat van stapel gestuur is nadat die distrikshof in Den Haag hul saak vroeër vanjaar verwerp het. Die weduwees se mans was onder ‘n groep wat later bekend geword het as die Ogoni-nege, wat in hegtenis geneem en gehang is ná ‘n gebrekkige verhoor wat deur die destydse militêre leiers in Nigerië aangedryf is.