Kernwetenskap onder die loep, vir mediese dienste

Die Namibiese Atoomenergieraad het sy eerste nasionale konferensie oor kernwetenskap en -tegnologie gehou. Die wetenskap het verskeie mediese toepassings en dus het die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, die hoofrede gelewer. Shangula sê Namibië het vordering gemaak het met die verbetering van sy regulatoriese argitektuur vir kern- en stralingsveiligheid en sekuriteit en alle kernmateriaal en aktiwiteite binne nasionale grense is uitsluitlik vir vreedsame gebruik.