Webtuiste vir etiese toerisme in SA

Die Suid-Afrikaanse bewaringsgroep WildChoices het ‘n webblad begin wat toeroperateurs en reisigers help om etiese keuses te maak oor wildlewe-toerismebestemmings in die buurland. ‘n Woordvoerder sê die aanlyn-hulpmiddel help mense om bestemmings te vermy wat oneties optree en diere vir wins misbruik. WildChoices identifiseer op die webblad wildlewe-instellings wat aan toeriste besienswaardighede en -aktiwiteite bied, gaan die instellings na en klassifiseer elkeen in drie kategorieë: Ondersteun, Ondersteun Versigtig, of Vermy. Van die 219 instellings wat tot dusver nagegaan is, moet 64 persent volgens die webblad vermy word.