WB steun nood vir 400m dosisse entstof vir Afrika

Die Wêreldbank sê hy steun graag Afrika-lande om tot 400 miljoen dosisse Covid-19-entstof te bekom deur ‘n vennootskap met die Afrika inentingsverkrygings-taakspan en die Afrika-unie. Die Wêreldbank verwag om teen die einde van die maand inentingsveldtogte in 50 lande te ondersteun, waarvan twee-derdes in Afrika. Die groep-president van die Wêreldbank, David Malpass, sê lande het dringend meer kanale nodig om entstowwe te bekom wat aan hulle behoeftes sal voldoen en wat vroeg afgelewer kan word.