VN het kommer oor Duterte en menseregte

Die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, sê aanspreeklikheid vir menseregteskendings in die Filippyne bly ‘n groot bron van kommer. Minstens 6 117 mense is sedert April vanjaar dood in President Rodrigo Duterte se stryd teen dwelms. Bachelet sê hoewel daar erkenning is vir die onlangse ondersoek wat deur die Departement van Justisie geloods is, is dit belangrik dat geregtigheid sal geskied vir die slagoffers van Duterte se stryd teen dwelms: