Rukoro eers in 2022 begrawe

‘n Oorgangskomitee is deur die Ovaherero tradisionele owerheid aangestel om sake te hanteer na die afsterwe van die opperhoof, advokaat Vekuii Rukoro wat verlede week oorlede is aan Covid-19. Professor Mutjinde Katjiua, die owerheid se sekretaris-generaal het aan media bevestig dat Rukoro eers volgende jaar begrawe sal word maar konsultasies met al die hoofde moet nog plaasvind. Dit was volgens hom nie moontlik nie omdat die huidige inperkings beweging beperk. Wanneer die vergaderings afgehandel is, sal die publiek ingelig word. Met die afsterwe van die vorige opperhoof Kuaima Riruako in Junie 2014, het meer as 30 000 mense sy begrafnis bygewoon.