Watervoorsiening op Okahandja op sy knieë gedwing

Inwoners van Okahandja het hul hande in hulle hare met wateronderbrekings wat nou die orde van die dag is. Pype bars, word herstel, en dan bars dit net weer verder af in die lyn. Nes met ander dorpe regoor die land, is daar nie voldoende fondse om die stelsel te vervang nie. Charl Cotzee van ORPA, die inwoners-vereniging van Okahandja, sê inwoners het die reg om gefrustreerd te wees.