Cyril moet iets sê oor beurtkrag – IVP

Die IVP is die jongste politieke party wat ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa doen om sy stilswye oor beurtkrag en die krisis by Eskom te verbreek. Die party se woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê die Nasionale Tesourie het in Februarie nog 21,9 miljard Suid-Afrikaanse rand aan die kragverskaffer beskikbaar gestel, maar daar is tans meer beurtkrag as ooit tevore. Hy sê beurtkrag is duidelik ‘n volskaalse nasionale krisis met vernietigende sosio-ekonomiese gevolge. Hlengwa sê Ramaphosa moet intree en dringend die oplossings verskaf wat hierdie verlammende ramp nodig het.