Watersuiweringswerke en mynbedrywighede is hoof-waterbesoedelaars in SA

Die Suid-Afrikaanse minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sê watersuiweringswerke en mynbedrywighede is die hoofbronne van waterbesoedeling in Suid-Afrika. Dit is bepaal deur 2017 se Watergehalte-bestuursbeleid- en strategieë vir Suid-Afrika. Mchunu sê beleid en standaarde is ingestel om die besoedeling in die sektore reg te stel. Hy sê die uitdagings waarmee die land te kampe het, is nie ‘n gebrek aan beleid nie, maar eerder bestaande beleid en standaarde wat nie toegepas word nie.