Waterdepartement sal Gauteng se uitdagings aanspreek

Die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie het sy planne om die wateruitdagings in Gauteng aan te pak, ter tafel gelê. Die departement sal belê in infrastruktuur, die bestuur verbeter en doeltreffendheid met die voorsiening van water verseker. Die adjunkminister, David Mahlobo, sê die provinsie het genoeg water, maar beskik nie oor deeglike bestuursvermoë nie: