Nuwe era breek môre aan vir Proteas

‘n Nuwe era breek môre vir Suid-Afrika aan onder die nuwe witbal-afrigter, Rob Walter. Die Proteas takel die Windies in ‘n reeks van drie eendagwedstryde, gevolg deur drie T20’s. Die eerste eendagwedstryd vind môre op Buffalo-park in Oos-Londen plaas. Suid-Afrika sal probeer om voort te bou op die momentum van hulle toetsreeks-oorwinning van twee-nul oor die Windies. Die Protea-draaibouler Bjorn Fortuin sê hy sien uit na die uitdaging: