Geen arrestasies in gewapende roof in Eros nie

ie Namibiese polisie sê hy ondersoek ‘n gewapende huisbraak in Eros, Windhoek wat Dinsdagaand plaasgevind het. Vyf gewapende mans het die slagoffers vasgebind en met ‘n vuurwapen aangehou. Hulle het onder andere weggekom met wapens, ammunisie en 10 000 Amerikaanse dollar in kontant. Geen arrestasies is gemaak nie. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga, Nampol-woordvoerder gesels met Kosmos 94.1 Nuus.