Waterbronne, veral op ons grense, moet beter samewerking ontvang

Nuus dat die SAOG ministers verantwoordelik vir water en energie Vrydag in Kinshasa in die DRK bymekaar sal kom het weer oorgrens-uitdagings met water aan die lig gebring. Die Namibiese kabinet het aan die begin van Oktober kennis geneem van uitdagings met water en energie wat deur die lynminister, Calle Schlettwein ingedien is, veral in verband met kommissies wat waterbronne, wat op landsgrense is. Schlettwein het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings.

Hy het ook spesifiek melding gemaak van die Ruacana hidroëlektriese aanleg.