Alweendo vaar uit teen ‘groenes’

Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo het hom vanoggend by die Bank van Namibië se simposium oor hernubare energie sterk uitgespreek teen lande en globale belangegroepe wat probeer om Afrika te weerhou om al sy natuurlike hulpbronne te benut. Volgens hom moet Afrika sy onhernubare-energiebronne prysgee en so gou as moontlik, en oorskakel na hernubare bronne vir ons eie beswil. Hy sê die soort van ‘n ingesteldheid is neerhalend. Om Afrika te druk om vorentoe te beweeg met ‘n energie-oorgang op enige ander tydlyn as ons eie, is net nog ‘n voorbeeld van die gebrek aan respek wat die wêreldgemeenskap het tenoor Afrika-prioriteite.