Water-toevoer kan moontlik in Johannesburg ineenstort
Rand Water en Joburg Water waarsku teen die moontlike ineenstorting van die waterstelsel omdat toenemende waterverbruik verder druk op die stelsel plaas. Die Rand Water Eikenhof-stelsel is onder ernstige druk. Die woordvoerder van Rand Water, Makenosi Maroo, sê die verskaffer se primêre en sekondêre stasies werk teen hul maksimum vermoë, maar hulle kan weens die hoë verbruik nie hul opgaardamme se hoë vlakke handhaaf en bestendig hou nie: