Water moet goedkoop wees – Schlettwein

Die landbou- en water-ministerie gaan verskeie pogings tot kapasiteitsbou onderneem deur personeellede van die Departement van Waterwese op te lei met die nodige vaardighede om nie net die Waterwet te implementeer nie, maar ook om die waterbronne van Namibië bekwaam te bestuur. Dit is volgens minister Calle Schlettwein, wat op die tweede dag van die eerste Streek Water Simposium op Ongwediva gepraat het. Schlettwein het bygevoeg dat water teen die beste, goedkoopste prys na die verbruiker gebring moet word.