Netbal Namibië wil professionaliseer

Die hiërargie van Netbal Namibië is tans in Johannesburg vir ‘n weeklange maatstaf-oefening oor hoe om die sport te professionaliseer. Die ligaam se waarnemende sekretaris-generaal, Isack Hamata, sê netbal is die enkele grootste sportkode vir meisies in die land. Die beheerliggaam beoog dus om ‘n platform te skep vir hulle om voordeel te trek uit geleenthede wat ‘n professionele opset bied. Die studietoer na Suid-Afrika sluit kwessies in van strukture, beamptes, skeidsregters, afrigters en administrateurs, en hoe daardie funksies bymekaar moet kom om ‘n produktiewe eenheid te vorm. Hamata sê ‘n padkaart van wat in die volgende 10 tot 15 jaar gedoen moet word, moet ontwikkel en geïmplementeer word.