7-1 verdeling onwaarskynlik, sê Rassie

Rugby: Die Springbokke kondig môre hulle wedstrydgroep aan vir Saterdag se Wêreldbeker-halfeindstryd teen Engeland in Parys. SA Rugby se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, sê met twee wedstrydfiks losskakels, Manie Libbok en Handré Pollard, is dit hoogs onwaarskynlik dat hulle op ʼn verdeling van 7-1 op die bank sal besluit. Volgens hom oorweeg hulle verskeie moontlikhede vir die wedstryd.