Wat van die Namibiese jong seun, vra ombud

Daar is die afgelope tyd verskeie geleenthede gehou, en die week, is daar nog, wat die klem lê op vroue-regte en vroue-bewegings. Terwyl Namibiese vroue talle kwessies in die gesig staar, meen die ombudsman, Basilius Dyakugha, dat seuns agtergelaat word, veral jong seuns.

Daar sal ook ‘n werkswinkel oor aborsies Woensdag, op Aborsiedag aangebied word deur die Voices for Choices and Rights-koalisie. Die ombud sê dit is ‘n gesprek wat gehou moet word.