Ian ontwikkel in ‘n orkaan, Artemis 1 se lansering in gedrang

Die topiese storm Ian het versterk na orkaanvlak en sal na verwagting aansienlike wind en storms in die weste van Kuba veroorsaak. Volgens die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum is Ian op die oomblik 150 kilometer suidwes van Grand Cayman geleë, met maksimum volgehoue winde van 120 kilometer per uur. Intussen sê Nasa hy sal teen vanmiddag bevestig of Artemis 1 wel Dinsdag kan vertrek. Nadat tegniese probleme ‘n paar weke gelede twee lanseringspogings ontspoor het, is Ian die nuwe bedreiging.