Amerikaanse dollar is nuwe veilige hawe, dis hoekom hy versterk

Die Amerikaanse dollar bly versterk en die rand en Namibiese dollar verhandel op die oomblik teen 18,09 teen die Amerikaanse geldeenheid. Terwyl olie daal en rondom 84 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel, sal daar geen voordeel vir die plaaslike brandstofprys wees nie. Volgens Dawie Klopper, die bekende beleggingsekonoom in Suid-Afrika, is die versterking van die Amerikaanse geldeenheid as gevolg van die stygende rentekoers in daardie land en daarom is die Amerikaanse mark ‘n veilige hawe vir beleggers.

En die beurtkragkrisis dra by tot die verswakking van die rand…