Wat in Johannesburg gebeur het was soos ‘n staatsgreep

ActionSA het die heraanstelling van Mpho Phalatse as Johannesburgse burgemeester verwelkom. Die Johannesburgse hooggeregshof het beslis die speaker van die raad se besluit om ‘n mosie van wantroue teen Phalatse te bring was onwettig, ongrondwetlik en ongeldig, en so ook die verkiesing van Dada Morero as Johannesburgse burgemeester. ActionSA se woordvoerder, Michael Beaumont, sê die DA-koalisie is terug en hulle ondersteun die party ten volle: