Wat het geword van die miljarde vir geslagsgeweld?

Die Kommisie vir Geslagsgelykheid in Suid-Afrika eis die regering moet rekenskap gee van 1,6 miljard Suid-Afrikaanse rand wat toegeken is om die probleem van geslagsgeweld en moord op vroue te pak. President Cyril Ramaphosa het in September 2019 ‘n nood-aksieplan bekendgestel vir versnelde optrede teen geslagsgeweld. Die woordvoerder van die kommissie, Javu Baloyi, sê die aankondiging het ‘n openbare belofte ingesluit om 1,1 miljard rand beskikbaar te stel, wat later tot 1,6 miljard rand verhoog is: