Kerke: Dit gaan nou beter maar lidmate wil weet waar geld gaan…

Die Covid-pandemie en die streng inperkingsmaatreëls het ‘n groot impak op besighede, skole en kerke gehad. Volgens die sekretaris-generaal van die Raad van Kerke van Namibië, Ludwig Beukes, het die pandemie ‘n verwoestende finansiële impak op kerke gehad. Hy sê dit gaan nou beter met kerke as twee jaar gelede, maar hulle sukkel nog steeds. Hy het ook kerke aangemoedig om hul boeke vir hul lidmate oop te gooi, sodat hulle kan sien waarvoor kerke se geld gebruik word.