Talle ontploffings naby Zaporizhzhia

Russiese magte het gister missiele en artillerie op Oekraïne-beheerde gebiede aan die oorkant van ‘n rivier by Europa se grootste kernkragstasie afgevuur. Bronne het aan Europese media gesê daar is steeds kommer oor die veiligheid van die Russies-beheerde aanleg nadat dit tydelik van die netwerk afgeskakel is. Missiele en kanonvuur het Nikopol en Marhanets getref, wat sowat tien kilometer van die Zaporizhzhia-kernkragsentrale is. Die owerhede het begin om jodiumtablette aan inwoners uit te deel wat naby die aanleg woon, in geval van ‘n stralingslekkasie.