Wasserfall moordsaak vlugtig in die hoërhof

Die vermeende moordenaars van die Walvisbaaier Shannon Wasserfall verskyn vandag weer in die Windhoekse hoërhof voor regter Christie Liebenberg. Die saak sal vlugtig voorkom soos die regsverteenwoordigers voorberei vir die verhoor. Die twee word daarvan aangekla dat hulle Wasserfall vermoor het en haar oorskot in ‘n vlak graf agter die Dunes Mall by Walvisbaai in 2020 begrawe het. Wasserfall se moord het gelei tot protesoptogte in verskeie sentrums regoor die land. Beide beskuldigdes is steeds in aanhouding nadat borg geweier is.