Thoko is bly oor opheffing van verbod op woluitvoere na China

Die buurland se landbouminister, Thoko Didiza, het China se besluit verwelkom om die verbod op invoer van wol uit Suid-Afrika op te hef. China het in April ‘n verbod op die invoer van Suid-Afrikaanse wol geplaas weens die uitbreking van bek-en-klouseer in dele van die land. Wol is die vyfde grootste landbou-uitvoerproduk naas lemoene, druiwe, wyn en appels. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die waarde van wol wat in die land geproduseer word is sowat 5 miljard Suid-Afrikaanse rand per jaar, en sowat 70 tot 80 persent word gewoonlik na China uitgevoer: