Wat die boere raak, raak die banke

Ekonome voorspel ‘n swakker derde kwartaal vir landbou veral as gevolg van die verbod op vervoer in Suid-Afrika. Bek-en-klouseer blyk om onverpoosd te versprei en talle plaaslike produsente maak staat op die Suid-Afrikaanse mark vir speenkalf-uitvoere. Pryse het reeds begin daal wat verdere druk op produsente plaas en terugbetalings op lenings, veral in die geval van die Omaheke kommunale boere, kan problematies raak. Erastus Ngaruka, Agribank se tegnisese adviseur vir lewendehawe sê as produsente geraak word, word die bank geraak.