Wasserfall-moordbeskuldigdes pleit onskuldig

Moordbeskuldigdes Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu het vandag onskuldig gepleit op alle klagte in verband met die moord op Shannon Wasserfall. Hulle sal volgende week weer in die Walvisbaai-landdroshof verskyn om aansoek vir borgtog te doen. Madisia en haar jonger broer is vroeg in November verlede jaar in hegtenis geneem. Daar word aangevoer dat hulle Wasserfall in April verlede jaar vermoor het en haar liggaam in ‘n vlak graf net buite die kusdorp begrawe het. Volgens die staat het Mulundu sy ouer suster gehelp om Wasserfall se liggaam te versteek. Wasserfall se dood het gelei tot wydverspreide optogte teen geslagsgeweld.