Britse inflasiekoers styg tot hoogste vlak in 10 jaar

Die inflasiekoers in Brittanje het gestyg tot die hoogste vlak in byna ‘n dekade, aangedryf deur hoër brandstof- en energiekoste. Die land se kantoor vir nasionale statistieke bevestig die verbruikersprysindeks het verlede maand van 3,1 persent in September gestyg tot op 4,2 persent. Dit was meer as wat ekonome voorspel het en het meer druk op die Bank van Engeland geplaas om op te tree. Die minister van finansies, Rishi Sunak, sê baie lande staar hoër inflasie in die gesig weens die Covid-pandemie.