Theuns Jordaan verloor sy stryd teen leukemie

Theuns Jordaan het vanoggend sy stryd teen kanker verloor. Hy was 50 jaar oud. Jordaan is verlede jaar met leukemie gediagnoseer. Hy het in Maart ‘n beenmurgoorplanting gehad, maar hy het akute myeloïede leukemie gehad en die kanker het teruggekeer. Hy is verskeie kere opgeneem in die hospitaal. Jordaan het sy deurbraak in Hatfield in Pretoria gemaak. Hy sal onthou word vir sy roerende lirieke en basbariton stem.