Wapen in teddiebeer versteek

Die Wes-Kaapse polisie verbonde aan die Covid-19 vlak twee inperking is in Kleinvlei, Mfuleni en Kraaifontein ontplooi. Hulle het tydens die intelligensie-gedrewe operasie verskeie verdagtes in hegtenis geneem. In Kleinvlei is ‘n 35-jarige man aangekeer vir die besit van ‘n onwettige rewolwer, ammunisie en ‘n voertuig wat aan die begin van vanjaar in Parow gesteel is. Polisiewoordvoerder André Traut, sê in Mfuleni is ‘n 15-jarige verdagte in hegtenis geneem vir ‘n ongelisensieerde vuurwapen wat in ‘n teddiebeer versteek was.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *