Vleispryse hemelhoog

Die verbruikersprysindeks vir Mei 2021 is bekend. Inflasie is tans op 3,8 persent teenoor 2,1 persent in Mei 2020. Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap het voedsel en nie-alkoholiese drankies met 6,6 persent toegeneem en het die grootste bygedra tot die styging. Vleis is 16,9 persent duurder as verlede jaar terwyl olies en vette met 13,5 persent gestyg het. Brood en graansoorte is 3,7 persent duurder. Bertha Iyambo van die Namibiese Landbou-unie gee haar mening oor die hemelhoƫ vleispryse.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *