‘Profeet’ Babi Jackson bly in aanhouding

Die selfverklaarde Namibiese profeet, pastoor Babi Jackson , se poging om sy renosterstroperysaak voorlopig in die hof te onttrek, was onsuksesvol. Aanklaer Sylvia Kauluma het in die Windhoekse landdroshof gesê die aanklaer-generaal het gelas dat die drie sake van Gobabis en Windhoek saamgevoeg word. Landdros Samunzela Samunzela het die saak tot 4 Oktober uitgestel. Babi bly in aanhouding. Babi staar klagte van renosterstropery in die gesig, asook die onwettige besit en handel in renosterhorings, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie en omkopery.