Wanvoeding dood 45 Omaheke-kinders

Berigte lui dat 45 kinders onder die ouderdom van vyf vanjaar aan wanvoeding in die Omaheke-streek dood is. Die plaaslike uitsaaier berig dat die gesondheidsdirekteur, Jeremia Shikulo, sê die streek het sedert Januarie 132 gevalle van wanvoeding aangeteken. Hy sê wanvoeding word ‘n bron van groot kommer in die streek en daarom word pogings aangewend om die situasie met sopkombuise en gemeenskapstuine te beredder. Die streeksgoewerneur, Pijoo Nganate, sê belanghebbendes werk om oplossings te vind om wanvoeding onder die streek se huishoudings te bekamp.