Maimane sê Mashatile moet aanspreeklik gehou word vir sy manne

Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, het adjunkpresident Paul Mashatile gevra om persoonlik aanspreeklikheid te aanvaar en die mediese koste te betaal van die mense wat deur lede van sy BBP-beskermingseenheid aangerand is. Die lede is op kamera betrap toe hulle burgerlikes op die N1 in Johannesburg aangeval het. Maimane meen Mashatile moes reeds na die slagoffers uitgereik en berou getoon het vir sy eenheid se optrede. Hy sê ‘n verklaring is nie genoeg om die saak op te los nie: