Wangevoede ma’s het groter kans om babas met swak geboortetoestande te hê

Navorsing aan die Universiteit van die Vrystaat toon vroue wat ondervoed is, loop ‘n groter gevaar om babas met swak geboortetoestande te hê soos om vroeggebore, ondergewig en kort te wees. Dit is die bevinding van ‘n studie deur ‘n navorsingspan onder leiding van Corinna Walsh. Sy sê babas met swak geboorte-toestande het die risiko om lewenslank agterstande te hê op fisiese, neurologiese en opvoedkundige gebied. Walsh se navorsing is daarop gemik om die voeding-status van swanger vroue te bepaal.