Britse politikus sterf in mes-aanval

‘n Britse politikus is dood nadat hy verskeie kere met ‘n mes gesteek is tydens ‘n vergadering met kiesers in Leigh-on-Sea in Essex, Engeland. ‘n Man is in hegtenis geneem in verband met die aanval op die 69-jarige Konserwatiewe LP, David Amess. ‘n Lug-ambulans is volgens berigte na die toneel by ‘n plaaslike kerk gestuur en die hele gebied is afgesper, maar hy is kort daarna dood verklaar. ‘n Ander LP, Grant Shapps, beskryf Amess as ‘n toegewyde, bedagsame man en ware parlementslid.