Amerika maak op 8 November grense vir ingeëntes oop

Amerika gaan sy grense op 8 November vir mense wat ten volle ingeënt is, oopmaak, het ‘n beampte van die Withuis aan internasionale media gesê. Die Sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming werk tans aan die operasionele besonderhede by grense. ‘n Namibiese vryskut-toergids, Joseph Kafunda, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê dit is wonderlike nuus vir Namibië, veral nadat die Verenigde Koninkryk ook Namibië van sy rooilys verwyder het.

Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, sê dit is goed dat die wêreld besig is om sy grense vir ingeënte mense oop te gooi. Sy moedig Namibiërs aan om in te ent om toeriste na Namibië te lok