Wanderers, United takel mekaar in 69ste derby

Die Trustco United-sportterrein sal Saterdag ‘n miernes van bedrywighede wees wanneer tradisionele mededingers FNB Wanderers en Trustco United mekaar in die 69ste uitgawe van hulle jaarlikse rugbyderby pak. Die dag sal gevul wees met aksie en vermaak! Die derby begin Donderdag met netbal, gevolg deur gholf, krieket en knobel. Kosmos 94.1 Nuus het met die afrigter van FNB Wanderers, Dirk Human, gesels oor hoe sy span se voorbereiding verloop.