Gemeenskappe ‘moet opstaan teen geweld teenoor kinders’

Geweld teen kinders is ‘n groot bekommernis in Afrika, waar ongeveer 84 persent van kinders tussen 10 en 14 jaar oud gewelddadig gedissiplineer word, volgens ‘n verslag deur Unicef. Byna ‘n derde van adolessente meisies het voorvalle van fisieke geweld aangemeld en ongeveer 10 persent rapporteer dat hulle seksuele geweld ervaar het. Sowat 48,7 persent van alle slagoffers tussen 15 en 19 het nooit enigiemand van hul ervaring vertel nie, en slegs 27 persent het hulp gesoek of ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende sosiale aktivis Rosa Namises gesels, wat sê gemeenskappe moet opstaan vir die mees kwesbares onder hulle.