ActionSA: Sanral se skuld styg weens e-tolstelsel

ActionSA in Gauteng sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap se skuld het aansienlik gegroei, veral omdat hy die tender van ses miljard Suid-Afrikaanse rand van die operateur van die e-tolstelsel moes betaal, met weinig tot geen nut. Die party is bekommerd oor verdere vertragings in die beëindiging van die skema wat tot verdere verwarring by Gauteng se motoriste sal lei. Bongani Baloyi van ActionSA sê hulle gaan steeds druk op die provinsiale regering uitoefen om ‘n spoedige opheffing van die e-tolstelsel te verseker.