Walvisbaaise kokaïensmokkelaars op 6 Oktober gevonnis

Windhoekse hoërhofregter Orben Sibeya het 6 Oktober geskeduleer as die datum waarop hy die Walvisbaaise kokaïensmokkelaars Grant Noble en Dinath Azhar sal vonnis. Die twee het vier jaar gelede probeer om ’n vraghouer met 412 kilogram kokaïen teen ‘n beraamde waarde van 206 miljoen Namibiese dollar vanaf Brasilië die land in te smokkel. Beide is onskuldig bevind op een klagte van geldwassery. Nie een van die twee het tydens die finale betoë voor vonnisoplegging die getuiebank ter strafversagting betree nie. Albei word in die Windhoekse Korrektiewe Fasiliteit vir verhoorafwagtendes aangehou.