DA: Beurtkrag beskadig infrastruktuur

Die DA in die Wes-Kaap sê soos reeds voorheen bewys is, veroorsaak beurtkrag nie net ongerief en ekonomiese ontwrigting nie, maar kan ook sensitiewe masjinerie en infrastruktuur beskadig. Die kritieke infrastruktuur sluit damme, suiwerings-aanlegte en verspreidingsentrums in wat die provinsie se watervoorraad verskaf. Die DA se woordvoerder, Derrick America, sê verlede maand het die Faure-watersuiweringsaanleg in die Stad Kaapstad skade gely weens beurtkrag.