SAKP: Cosatu-konferensie is wekroep vir alliansie

Die hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Solly Mapaila, sê die talle betogings voor die vakbondfederasie Cosatu se 14de nasionale kongres stuur ‘n sterk boodskap oor ontevredenheid onder werkers. Werkers kla oor ‘n gebrek aan werksekerheid en billikheid in die werksplek, en die stygende lewenskoste. Mapaila sê die ANC behoort aanspreeklik gehou te word.